School sportSport

Osies stapel die tennis-spelle op

Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het op Woensdag, 23 September by die Polokwane Tennisklub vanjaar se Limpopo Laerskole Tenniskampioenskap-eindstryde aangebied.

POLOKWANE – Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het op Woensdag, 23 September by die Polokwane Tennisklub vanjaar se Limpopo Laerskole Tenniskampioenskap-eindstryde aangebied.

Dit is egter die seuns eerstespan van Oosskool wie die botoon by hierdie toernooi gevoer het deur met die spanne van Laerskool Krugerpark, Laerskool Phalaborwa en Laerskool Julian Muller af te reken. Dié span van Oosskool het die toernooi geëindig met 102 spelle se oorwinnings algeheel agter hul naam.

Die span van Julian Muller is tweede met 58 spelle, Phalaborwa derde met 46 spelle en met 40 spelle in die vierde plek is Krugerpark.

Die eerste meisiespan van Oosskool het net so mooi gespeel en het as naaswenners van die Limpopo Laerskole Tenniskampioenskap uit die stryd getree.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button