PHS wenners van die Marius Lengton-Atletiek
ie 29ste Marius Lengton Gedenkatletiekbyeenkoms het op Saterdag, 17 Oktober weer by Peter Mokaba Stadion plaasgevind.
POLOKWANE – Die 29ste Marius Lengton Gedenkatletiekbyeenkoms het op Saterdag, 17 Oktober weer by Peter Mokaba Stadion plaasgevind.
Daar was 15 skole wat deelgeneem het:
Plaaslike skole: Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, Hoërskool Pietersburg, Curro Heuwelkruin en PEPPS Polokwane College
Provinsiale skole: Hoërskool Rob Ferreira, Hoërskool Ben Vorster, Hoërskool Wonderboom, Hoërskool Nylstroom, Hoërskool Warmbad, Hoërskool Ellisras, Hoërskool Piet Potgieter, Afrikaanse Hoër Meisieskool, Hoërskool Eric Louw, Hoërskool Louis Trichardt, Southern Cross en Hoërskool Frans du Toit.
Tydens die geleentheid is verskeie rekords gebreek waarvan vier van die vorige jare was. Hoërskool Pietersburg het weggestap met ‘n totaal van 50 medaljes en die hoogste puntetelling van 297 punte.









