PLS-atlete vaar goed tydens P1 atletiekkampioenskap
Eerste plekke en rekords wat verbeter word was aan die orde van die dag vir atlete van Laerskool Pietersburg tydens die onlangse P1 atletiekkampioenskap wat by die Peter Mokaba Stadion gehou is.
POLOKWANE – Eerste plekke en rekords wat verbeter word was aan die orde van die dag vir atlete van Laerskool Pietersburg tydens die onlangse P1 atletiekkampioenskap wat by die Peter Mokaba Stadion gehou is.
Die volgende atlete het eerste plekke behaal:
• Juandré Slippers – o/13 spiesgooi.
• Ian van der Merwe – o/10 gewigstoot.
• Jason Hugo – o/11 80 m, 100 m en verspring.
• Michelle Claassen – o/13 200 m, 200 m hekkies en 75 m hekkies.
• Kayla de Villiers – o/12 hoogspring.
• Gerhard Greeff – o/12 gewigstoot.
• Dohan Bezuidenhout – o/11 gewigstoot.
• Chané Fouché – o/13 spiesgooi.
• Chanelle Cloete – o/13 hoogspring.
Juandré Slippers en Kayla de Villiers het ook junior rekords opgestel in spiesgooi en hoogspring onderskeidelik.





