School sportSport

Louis Trichardt gaan gebuk onder Kruinies

Die eerstekrieketspan van Curro Heuwelkruin het onlangs teen Hoërskool Louis Trichardt te staan gekom in die Hoërskole Ligawedstryd.

POLOKWANE – Louis Trichardt was eerste aan die beurt om te kolf en Heuwelkruin se boulers en veldwerkers het hul uitstekend van hul taak gekwyt om die besoekers tot net 75 lopies te beperk.

Heuwelkruin se Gerhard van Zyl is dié span se uitblinker met sy boulwerk waarmee hy vier paaltjies vir 12 lopies (4/12) in sy ses boulbeurte laat kantel het.

Heuwelkruin in sy kolfbeurt maak kleingeld van Louis Trichardt se boulers en dit neem die Kruiniekolwers slegs 16 beurte om hul besoekers se 75 lopies verby te steek om uiteindelik met ses paaltjies te seëvier.

Heuwelkruin se beste speler met die kolf was Charl van der Linde wie 29 lopies aangeteken het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button