EntertainmentLifestyle

Vier fees saam met BB Auto

Môre Saterdag 21 September word nasionale Nissan dag vanaf 08:00 tot 14:00 by BB Autro op Mokopane gevier

Môre Saterdag 21 September word nasionale Nissan dag vanaf 08:00 tot 14:00 by BB Autro op Mokopane gevier.

Almal word uitgenooi om dié dag by BB Auto Mokopane te vir.

Die motorhawe bied ook ongelooflike aanbiedinge op geselekteerde voertuie aan en die bekendstelling van die nuwe Nissan Sentra vind ook plaas.

Diegene wat ‘n nuwe Nissan Hardbody D/C 2.5 koop kry ‘n gratis sleepwa. Daar is ook ekstras ter waarde van R10,000 op geselekteerde Nissan Juke’s.

Kopers kan ook R30,000 op ‘n Nissan NP300 2.5 Hi Rider bespaar en dit sluit ‘n 6 jaar / 150 000 km waarborg in.

Indien ‘n nuwe Nissan Saterdag gekoop word, staan die koper ‘n kans om een van vyf vakansies ter waarde van R50,000 te wen of een van 10 brandstof geskenkbewyse ter waarde van R10,000 elk.

Vir die kinders van 3-7jaar is daar ‘n inkleurkompetisie waar groot pryse gewen kan word.

Hulle kan net die meegaande prentjie van ‘n motor inkleur en dit voor Saterdag om 10:00 by die motorhawe inhandig. ‘n Eerste-, tweede- en derde prys kan gewen word.

Besoekers kan verder die dag kom geniet en ook ‘n gratis karwas en ‘n gratis veiligheidsinspeksie by die werkwinkel kry.

Daar is kosstalletjies, ‘n springkasteel, gesigverf, uurlikse gelukkige trekkings en vele meer.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button