Sy bydrae word steeds herdenk
Die Clint Hayward Vlotresies word jaarliks by die Tzaneen Dam aangebied

Die Clint Hayward Vlotresies word jaarliks by die Tzaneen Dam aangebied.
Hierdie resies is in herinnering aan Clint en Michelle Hayward wat in 2004 in Makhado vermoor is by die Mountain View Hotel.
Clint, wat destyds ‘n lid was van Zoutpansberg 66, die Tafelronde in Makhado, het hierdie vlotresies ‘n paar jaar voor sy dood begin en na sy dood het die wedren vir ‘n paar jaar doodgeloop.
Tafelronde het besluit om die wedren weer te laat herleef en na Clint te vernoem.
Die resies het vanjaar op 14 September plaasgevind.
Vanjaar was die vierde agtereenvolgende jaar wat die vlotwedren aangebied is. Van die vier jaar wat die wedren weer aan die gang is, het Zoutpansberg 66 die trofee al drie keer huistoe gebring.
Makhado, Tzaneen en Phalaborwa se Tafelronde-takke het aan die geleentheid deelgeneem.