EntertainmentLifestyle

Gehoor hang aan BlouWillem se lippe by die BoekBohaai

Blouwillem Theron, rubriekskrywer van Beeld se Blouwillemaandag-faam, het nie baie bekendstelling nodig

Blouwillem Theron, rubriekskrywer van Beeld se Blouwillemaandag-faam, het nie baie bekendstelling nodig in die Afrikaanssprekende gemeenskap van Polokwane nie.

Dié satire-skrywer het die stad vier jaar gelede besoek en daar is min wat sy geselsies bygewoon het, wat hom nie met ‘n glimlag onthou nie.

Hy het verlede Donderdagaand sommer dadelik sy gehoor by die Pietersburg Klub gewaarsku om nie hoë literêre verwagtinge van sy optrede te verwag nie.

Dié gesoute skrywer van meer as 1 800 rubrieke het gesê dat dit nie moeilik is om in ons land iets te kry om oor stories te skryf nie. “In ons land gebeur daar die heeltyd snaakse goed. Mens kan ook maar net kyk na wat hinder of waaroor dink die ou op straat.” Hy vertel dat dit ook nie altyd maklik is om met humor te skryf nie en hy moes al van die wagkamer van die intensiewesorgeenheid en tydens die aanval op die Twin Towers rubrieke optower.

“Maar soms is jy gelukkig, soos weer díé week toe dit bekend geword het dat die polisiekommissaris se beeldpoetser ‘n bordeel het.

Dit moet lekker wees as jou beeld elke aand gepoets word…”

Hy vertel ook van die keer toe hy langs Max die gorilla se hok gaan sit het nadat ‘n misdadiger wat vir ‘n polidsieman weggehardloop het in Max se hok ingevlug het, met die polisieman agterna. Max het glo die polisieman en die dief gegryp. “In ons land weet niemand ook wie’s die polisieman en wie is die dief nie. Maar ek het nogal agterna gedink Max sou ‘n goeie kommissaris gemaak het.”

Blouwillem het die gehoor op ‘n nostalgiese reis gevat van tientalle bekende en beminde reekse en skrywers van toentertyd, van sy kinderjare tot nou.

Goeie flieks was ook ‘n passie en as polisieman kon hy gratis by Die Roxy in Durban gaan fliek. Op universiteit was hy fliekresensent, maar as meer as tien van die koshuisinwoners nie met sy resensensies saamgestem het nie, was dit tyd vir ‘n tekkieparade.

Blouwillem sê hy ry die land vol en stories kom sommer na hom aangeloop, soos Donderdagaand, toe hy langs oom Johan Willemse te lande gekom het, wat ‘n skatkis vol stories het om te vertel.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button