EntertainmentLifestyle

Liewe Ouers, maar Robbie kan sing!

Bolivia Lodge is gevul met die heerlikste geure en klanke op Donderdag, 19 September tydens Robbie Wessels se optrede.

POLOKWANE – Bolivia Lodge is gevul met die heerlikste geure en klanke op Donderdag, 19 September tydens Robbie Wessels se optrede.

Gaste is bederf met ‘n driegang-maaltyd en Robbie se musiek.

Hy het van sy bekende liedjies soos Toks en Tjops, Leeuloop en Liewe Ouers gesing, asook ander liedjies soos Halley se Komeet en Afrika Sonsak.

Frank van Aswegen, wat die konsert bygewoon het, het vertel dat hy ‘n groot aanhanger van Wessels is en dat hy nie kon wag om te hoor watter liedjies sy gunsteling sanger gaan sing nie. “Hy is een van die beste Afrikaanse sangers wat ons in Suid-Afrika het. Sy musiek is baie goed en aangenaam.”

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button