Pret-aktiwiteite en brullende enjins
Roadhogs Motorfietsklub Polokwane het op Saterdag, 28 September 'n saamtrek vir al die motorfietsentoesiaste in die omgewing gehou by Soetdorings Buiteklub.
POLOKWANE – Roadhogs Motorfietsklub Polokwane het op Saterdag, 28 September ‘n saamtrek vir al die motorfietsentoesiaste in die omgewing gehou by Soetdorings Buiteklub.
Motorfietsryers het van vroegoggend af bymekaar gekom en gesellig saamgekuier totdat die aktiwiteite vir die dag begin het.
Daar was ‘n toutrekkompetisie, bokdrol spoeg en ‘n stadige resies, waar twee motorfietsryers gekyk het wie die stadigste kon ry sonder om om te val.
Die volgende saamtrekke lê nog voor:
• By-Jol Rally van 11 tot13 Oktober in Roedtan ten bate van Bysonderheid Laerskool.
• Just for Fun’s Chicks Rally van 25 tot 27 Oktober by Soetdorings Buiteklub.
• Brille & Pille op 2 November ten bate van Potgietersrus Ouetehuis.
• Limpopo Bierfees op 14 Desember in Mokopane.




