EntertainmentLifestyle

Renosterkop se uithaler-fees beïndruk

Feesgangers het die aktiwiteite op die Renosterkop Boerefees, wat Saterdag net buite Polokwane gehou is, baie geniet.

POLOKWANE – Feesgangers het die aktiwiteite op die Renosterkop Boerefees, wat Saterdag net buite Polokwane gehou is, baie geniet.

Die boeregemeenskap het die dag gereël met drie doelstellings:

1. Bewusmaking oor veiligheid in die gebied.

2. Samehorigheid in die gemeenskap.

3. Om mense die kans te gee om te sien hoe ‘n plaas werk en die koste daaraan verbonde te verstaan.

Tydens die boeredag was daar 12 beesrasse, drie bokrasse en ‘n verskeidenheid skape te sien. Daar is ook gedemonstreer hoe ‘n skaap geskeer word. Uitstallers het gedemonstreer hoe verskillende trekkers verskillende implemente hanteer.

Die geld wat ingesamel is tydens die fees sal gebruik word om veiligheid op te skerp deur nuwe handradio’s en radiotorings aan te skaf. “Ons wil ook graag skenkings gee vir die bewaring van renosters,” sê Dawid Malan een van die organiseerders van die fees.

“Die diere wat doodgemaak word plaas boere en hul werkers in moeilike situasies, finansieël en emosioneel, en ons wil graag bydra om daardie omstandighede te voorkom.”

Pieta Venter warm sy perd op vir die perde-uithourit wat tydens die Renosterkop Boere-dag gehou is.
Pieta Venter warm sy perd op vir die perde-uithourit wat tydens die Renosterkop Boere-dag gehou is.
Tweeling Helgelean en Chanté Whelon onthou hulle kleuterdae op die plaas.
Tweeling Helgelean en Chanté Whelon onthou hulle kleuterdae op die plaas.
Danel Reynders, Charles van der Walt, Maria du Preez en Marius Harding geniet die boerefees.
Danel Reynders, Charles van der Walt, Maria du Preez en Marius Harding geniet die boerefees.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button