Vars sangtalent ontgin in plaaslike kompetisie
Besoekers aan Savannah Mall het Saterdagoggend die geleentheid gehad om vars sangtalent te waardeer tydens die The Vocalist-sangkompetisie.
POLOKWANE – Besoekers aan Savannah Mall het Saterdagoggend die geleentheid gehad om vars sangtalent te waardeer tydens die The Vocalist-sangkompetisie.
Die deelnemers het die geleentheid gehad om, nie net met kontrakte van Mode Entertainment weg te loop nie, maar ook om by die Kansa Relay for Life, wat Vrydag, 11 Oktober plaasvind, op te tree.
Deelnemers kon van vroeg af inskryf en die beoordelaars was Anne Smith van Mode Entertainment en Katryn Barwise, Miss Earth South Africa, Fire. Janie Wierenga was die seremoniemeester.
Deelnemers het elkeen een liedjie gesing, waarna twee sangers van Mode Management die toe-skouers vermaak het.
Wendy Fritz is as algehele wenner aangewys, Ben Jordaan was tweede en Sukoluhle Sibanda derde.
Wendy het ‘n kontrak van R4 000 met Mode Entertainment losgesing. Ben het met ‘n kontrak van R2 500 weggestap en Sukoluhle het ‘n kontrak van R1 000 gewen.
“Hier het nie soveel mense ingeskryf soos wat ek gedink het nie, maar dié wat wel ingeskryf het, het beslis talent gehad,” het Lizelle Martens, organiseerder van die kompetisie, gesê.



