EntertainmentLifestyle

‘Boerebrêkvis’ kry groot aftrek by kerk se basaar

Verlede Saterdag het die Renosterpoort N.G.-gemeente, in Pietersburgstraat in Ladanna, se basaar talle inwoners van die stad gelok.

POLOKWANE – Verlede Saterdag het die Renosterpoort N.G.-gemeente, in Pietersburgstraat in Ladanna, se basaar talle inwoners van die stad gelok.

Berge groente en ‘n verskeidenheid vrugtesoorte het besoekers verwelkom met hul aankoms by die kerk en die ontbyt, ‘n bordvol “boerebrêkvis”, was ‘n groot trekpleister vir die feesgangers.

Willem Brits het verduidelik die doel van die basaar was tweeledig: “Dit is om geld in te samel om die uitgawes vir die res van jaar te dek en ook ‘n geleentheid om die gemeente te bou”.

Die basaar het stalletjies in almal se smaak gehad.

Daar was pannekoek- en stokworsietafels, ‘n witolifant-tafel, ‘n kindertafel met speelgoed te koop en nog vele meer.

Die beskuit, groot koeke en kleinkoekies het blitsvinnig van die tafels verdwyn soos wat feesgangers dit opgeraap het.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button