Hartsbegeertes inspireer kykers om die lewe weer aan te gryp
Hartsbegeertes is 'n nuwe Afrikaanse film wat nou in teaters vertoon word.
POLOKWANE – Hartsbegeertes is ‘n nuwe Afrikaanse film wat nou in teaters vertoon word.
Die film handel oor alledaagste gebeure en omstandighede met die fokus op twee families en hul stryd met die doel van die lewe.
Deur die twee hoofkarakters, Pieter (Renier Wieideman) en James (Jacques Gombault), se lewens word die realiteit van omstandighede op ‘n menslike wyse uitgebeeld. Hulle vind hoop, liefde en die groter doel van alles, te midde van die donkerste oom-blikke. Hartsbegeertes sal jou inspireer om voluit te lewe en jou doel op aarde te vind.
Besoekers aan Mall of the North kan van 10 Oktober af Hartsbegeertes op die grootskerm sien. Kaartjies kos R55 per persoon.



