Meer as net ‘n skoonheidstitel
Vir die meeste mense is die Mev. Polokwane kompetisie net nog 'n skoonheidskompetisie, maar volgens Dina Pretorius van Hulp in Elke Behoefte (Hieb), behels hierdie kompetisie soveel meer.
POLOKWANE – Vir die meeste mense is die Mev. Polokwane kompetisie net nog ‘n skoonheidskompetisie, maar volgens Dina Pretorius van Hulp in Elke Behoefte (Hieb), behels hierdie kompetisie soveel meer.
“Mense moet Mev. Polokwane anders verstaan. Dis nie net ‘n mooi poppie met ‘n mooi lyf en mooi gesiggie nie. Die wenner moet haarself verbind tot haar werk as Mev. Polokwane. Haar man en kinders moet hulself ook daartoe verbind.”
Dina praat uit ondervinding nadat sy die afgelope jaar saam met Anda-Lucia Jordaan, Mev. Polokwane 2012/13 gewerk het. Saam het hulle onlangs Kabouterland Kleuterskool geverf en nuwe gordyne geskenk. “Ons wil dankie sê vir al ons borge,” sê Dina.
Ina Koen, bestuurder van Aretha Tehuis is ook baie dankbaar vir die werk wat Mev. Polokwane gedoen het om hulle te help. “Sy het gereeld vir ons kos gebring en ons mense kom bederf.” Luque Markgraaf vertel ook hoe Anda-Lucia die Myngenoegen Skuiling gehelp het.
Dina is betrokke by die organisering van die volgende Mev. Polokwane kompetisie en sê deelnemers moet besef dat hulle nie net gemeenskapswerk gaan doen nie. “Hulle gaan ook die geleentheid kry om motiveringspraatjies by besighede te doen en sodoende mense, wat dit nodig het, moed inpraat.”
Getroude of geskeide vroue wat wil deelneem aan Mev. Polokwane kan nou inskryf. Ook sal daar ‘n Miss Legs gekies word. Pryse sluit ‘n drie maande gimna-sium-kontrak, fotosessie en massering in.
“Daar is amper R80 000 se pryse op die spel,” sê Anda-Lucia.
Vir meer inligting, om in te skryf en om kaartjies te koop, skakel Anda-Lucia by 076 935 5822 of Nadine Pienaar by 072 466 6345. Kaartjies kan ook by Jacks Paint (naby McDonalds) gekoop word.



