EntertainmentLifestyle

Nuttige organismes lei tot mooi tuine

Effektiewe Mikro-organismes (EM) bestaan uit 'n kombinasie van 70 tot 80 verskillende tipes goeie of voordelige mikroörganismes wat bydra tot die wye spektrum van moontlike gebruike van EM.

POLOKWANE – Effektiewe Mikro-organismes (EM) bestaan uit ‘n kombinasie van 70 tot 80 verskillende tipes goeie of voordelige mikroörganismes wat bydra tot die wye spektrum van moontlike gebruike van EM.

Dit het die lede van die Pietersburg Tuinbouklub op Dinsdag, 15 Oktober, by hul maandelikse vergadering geleer.

Die aanbieder van die praatjie was Wilma Prinsloo. Sy is werksaam by die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika (TLUSA) en het lede meer geleer oor die volhoubare tuinoplossing, EM, en die gebruike daarvan.

“EM maak gebruik van die natuur se goeie en voordelige mikroörganismes om die kwaliteit van mense, diere en plante se lewens te verhoog,” sê Wilma.

Volgens Wilma is daar verskeie gebruike vir EM.

“Dit maak die grond sag wat lei tot verhoogte wortelontwikkeling. Daar is ‘n menigte tipes voedingstowwe en groeihormone wat deur die verskillende mikrobes vervaardig word. Ook word gevaarlike gasse wat die suurstofvlakke in die grond verlaag, afgebreek,” het sy verduidelik.

Volgens Wilma verseker EM ook hoë kwaliteit kompos en die algehele gesondheid van diere.

Dit kan ook gebruik word om rioolwater te behandel. “EM elimineer slegte reuke en die groei van alge en siektes in water.”

Verder het sy die gaste vertel van die belangrikste mikroörganismes en hulle funksies.

Ook het sy aanwysings gegee oor hoe om EM aan te maak en te gebruik asook hoe om kompos te maak.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button