EntertainmentLifestyle

Skoonma wees is lekker

Vir party is 'n skoonma 'n euwel en vir ander is sy 'n seën.

POLOKWANE – Vir party is ‘n skoonma ‘n euwel en vir ander is sy ‘n seën.

Die meeste mense lag darem al te lekker vir skoonma-grappies en die versteekte waarhede wat dié grappe verkondig. Sondag vier families regoor die wêreld Skoonmadag en Review het met ‘n skoonma, Adri Ras, gaan gesels oor haar verhouding met haar kinders en aangetroude kinders.

Adri is die streeksbestuurder van Kansa in Polokwane en is die trotse skoonma van ‘n skoonseun en ‘n skoondogter.

“Dis baie lekker om ‘n skoonma te wees. Dis lekker om te sien hoe gelukkig jou eie kind is en dit maak die lewe sommer makliker,” vertel sy.

Volgens Adri is daar vir haar niks onaangenaam aan haar skoonma-status nie. “Solank jou kinders gelukkig is, verduur jy enige iets.”

Adri reken ‘n goeie skoonma is iemand wat nie probeer inmeng in die kinders se huwelik nie. “Hulle het almal hul eie lewe, jy moenie verwag dat jou kinders jou moet vermaak nie. Moenie hulle lewens vir hulle reël nie.”

Die grootste fout wat ‘n skoonma kan maak, volgens Adri, is om te dink dat die persoon met wie hul kind trou nie goed genoeg is nie en om daardie persoon dan te wil verander. “Jy moet die persoon net aanvaar. Moet ook nie inmeng met hulle kinders nie en moet nie hulle voorskryf oor wat om te doen nie.”

Haar raad aan ander skoonma’s is om die aangetroude kind te aanvaar.

“Moet nie probeer om die kinders te verander nie. Jy het nie daarvan gehou dat jou skoonma dit doen nie, so moet dit nie self doen nie. Laat die kinders toe om hul eie lewe te lei. Gee raad, maar moenie opinies gee nie en staan terug.”

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button