EntertainmentLifestyle

Ontspan, maak jou litte los in die lente op Loslitdag

Maak jou litte los, wees waaghalsig en uitspattig saam met die res van die land op Vrydag, 4 September.

POLOKWANE – Skud jou vere reg, die lente is om die draai. Die tema vir hierdie jaar se Loslitdag is Loslit inni Lente en die amptelike kleur is liggroen.

Maak jou litte los, wees waaghalsig en uitspattig saam met die res van die land op Vrydag, 4 September.

Loslitdag is in 1995 in Suid-Afrika bekendgestel en na die oorweldigende reaksie van die publiek is daar besluit dat hierdie ‘n jaarlikse instelling gaan word. Die begunstigde organisasies is nasionale organisasies ter begunstiging van mense met gestremdhede. Die projek word beheer deur Die Nasionale Raad vir Persone met Liggaamlike Gestremdheid in SA en word geborg deur die Edcon-groep.

“Loslitdag het oor die afgelope 20 jaar R222 miljoen ingesamel vir mense met gestremdhede,” vertel Andrea Vinassa, mediakoördineerder vir Loslitdag.

“Donasies van R10 per plakker is belangrik, aangesien ons só die nodige fondse kan insamel ter ondersteuning van persone met gestremdhede se regte tot onderwys, behuising, opleiding, toeganklikheid en werkskepping te ondersteun, met ander woorde, volle inskakeling by die gemeenskap.”

Die plakker is verkrygbaar vir ‘n donasie van R10 vanaf alle Edcon-winkels (Edgars, Red Square, Boardmans, Jet, JetMart, Legit, CNA), Game, DionWired, Shoprite, Checkers, Absa-takke, en ander deelnemende organisasies.

“Kyk uit en neem deel aan die kompetisie vir die mees-oorspronklike uitrusting, besonderhede sal op die webblad en Facebook verskyn. Dit is www.casualday.co.za en www.facebook.com/casualdaySA asook by Twitter @CasualDay_SA, #CasualDay, #LoslitInnieLente. Hierdie is ‘n fondsinsamelingsgeleentheid vir persone met gestremdheid. Die groot begunstigdes is die Nasionale Raad vir Mense met Liggaamlike Gestremdheid in Suid-Afrika, die SA Federasie vir Geestesgesondheid, Federasie vir Dowes van SA, die Nasionale Raad vir Blindes, Outisme Suid Afrika, Down-Sindroom Suid-Afrika, die Nasionale Raad vir Persone met Serebrale Gestremdheid, die Suid-Afrikaanse Dowe Vereniging, die Nasionale Instituut vir Dowes, QuadPara Vereniging van Suid-Afrika, Alzheimer’s Suid-Afrika, en South African Disability Alliance.”

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button