Ongeluk by besige aansluiting belemmer verkeersvloei
Verkeer in Landdros Maréstraat by die aansluiting met Veldspaatstraat in Magna Via het gistermiddag (Woensdag) tot stilstand gekom nadat ‘n Volvo-sedan en ‘n Tata-vragmotor in ‘n botsing betrokke was. Die Volvo het ná die botsing op sy dak in die middel van die aansluiting tot stilstand gekom en is later deur ‘n wegsleepvoertuig verwyder. Die …
Verkeer in Landdros Maréstraat by die aansluiting met Veldspaatstraat in Magna Via het gistermiddag (Woensdag) tot stilstand gekom nadat ‘n Volvo-sedan en ‘n Tata-vragmotor in ‘n botsing betrokke was.
Die Volvo het ná die botsing op sy dak in die middel van die aansluiting tot stilstand gekom en is later deur ‘n wegsleepvoertuig verwyder.
Die bestuurder van die vragmotor was nie beskikbaar nie en die bestuurder van die Volvo was nie bereid om Polokwane Observer te woord te staan nie.
Die Volvo se lugsakke het ontplooi en niemand is in die ongeluk beseer nie.
Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com



(Foto: Verskaf)
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



