DHL Express se verkoping vir Kansa elke maand
DHL Express se maandelikse werfverkoping vir Kansa Limpopo wat voortaan elke laaste Saterdag van die maand by hul depot op die hoek van Dorp en Marshallstraat aangebied sal word, het Saterdagoggend goed afgeskop. Besoekers met ‘n oog vir ‘n winskopie was nie teleurgestel nie en het die tafels met klere, speelgoed, langspeelplate en ‘n verskeidenheid …

DHL Express se maandelikse werfverkoping vir Kansa Limpopo wat voortaan elke laaste Saterdag van die maand by hul depot op die hoek van Dorp en Marshallstraat aangebied sal word, het Saterdagoggend goed afgeskop.
Besoekers met ‘n oog vir ‘n winskopie was nie teleurgestel nie en het die tafels met klere, speelgoed, langspeelplate en ‘n verskeidenheid boeke wat spotgoedkoop aangebied is, ondersteun.
Volgens organiseerder van die inisiatief, Selma Liebenberg, kan skenkers enige verkoopbare items wat nie bederfbaar is nie, gedurende kantoorure by die depot aflewer of haar by 072 535 6100 skakel om items te laat afhaal. “Ons is baie opgewonde oor die werfverkoping en glo dat dit elke maand beter sal gaan. Kom besoek ons gerus, daar is dalk net iets wat jy al lankal nodig het.”
Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com



