Gemeenskap bederf gestremdes met kersete
Vrydagoggend was ‘n spesiale geleentheid vir inwoners en dagbesoekers van die Vereniging vir Persone met Gestremdhede (APD) toe hulle deur Geestelike Werkers op ‘n kersete getrakteer is. Hamburgers en slaai, roomys en jellie en koeldrank was op die spyskaart en geskenkpakkies met lekkers, reukweerder, tandepasta, waslappies en seep is uitgedeel. ‘n Groep inwoners wat as …
Vrydagoggend was ‘n spesiale geleentheid vir inwoners en dagbesoekers van die Vereniging vir Persone met Gestremdhede (APD) toe hulle deur Geestelike Werkers op ‘n kersete getrakteer is.
Hamburgers en slaai, roomys en jellie en koeldrank was op die spyskaart en geskenkpakkies met lekkers, reukweerder, tandepasta, waslappies en seep is uitgedeel.
‘n Groep inwoners wat as die Sepedi-groep bekendstaan, het die funksie in die regte stemming gebring met hul weergawe van Stille Nag.
Sameroeper van Geestelike Werkers, Cecily
Smith het haar dank uitgespreek teenoor besighede en individue van die stad wat die geleentheid deur hul skenkings moontlik gemaak het. “Ons dank aan die Rotariërklub van Pietersburg 100, Solidariteit Helpende Hand, Pro Car, Jan de Beer, Melville Botha, Vertex, Rina van der Merwe, Jumbo Foods, Grannor Passi, Deon Roos en Maroela Boerdery vir hul ruim skenkings,” het Smith gesê.
Volgens Smith bied Geestelike Werkers die kersete al die afgelope vyf jaar aan. “Ons bied ook elke jaar ‘n paasete aan en deel geskenke uit as inwoners verjaar.”
Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com


