Kerssangdiens beloof om jou hart aan te raak

Die Rondekerk bied op Sondag, 19 November ’n Kerssangdiens aan in die vorm van ’n Kersspel-pantomime wat beloof om vir oud en jonk ’n hoogtepunt te wees.

Dit begin om 6nm en die doel is om elke kinderhart aan te raak met die verhaal van Jesus se geboorte.

Die Kersspel-pantomime se naam is Cheddar en Gouda in Bethlehem.

Die bestuur van die kerk het die publiek genooi om in die lofsang, toneel en samesyn te deel as hulle die koms van Jesus herdenk en vier.

Enige iemand is welkom.

Vir meer inligting, skakel die kerkkantoor by 017 631 3470.

Back to top button