Meer te sien by vanjaar se Pastoriemark

Die Pastoriemark word vanjaar vir die 5de keer op Bethal aangebied vanaf 28 November tot 1 Desember.

Net soos verlede jaar, is daar besluit om die geld weer te skenk aan die Christelike Maatskaplike Raad, nou bekend as Tutela Gesinsorg.

Om jou kunstige, unieke of smaaklike artikels by die Pastoriemark op Bethal uit te stal, skakel Marita Oosthuizen by 082 291 3558.

Jy kan ook ’n epos stuur na maritao@ vodamail.co.za vir die inligtings- en inskrywingsvorms.

Die mark word aangebied op die terrein van die N.G. Kerk Bethal-Oos-gemeente.

Die saal, klaskamers, asook vierkant sal ingespan word om uitstallers te akkomodeer.

Tutela se kantore is op Standerton geleë, maar die maatskaplike werker is ook twee tot drie dae ’n week beskikbaar by die kantoor op die terrein van die N.G. Kerk Bethal-Oos-gemeente, asook elke tweede week vir een dag by die N.G. Kerk Carl Cilliers-gemeente. Dit is dan ook die gebied wat deur hulle bedien word.

Back to top button