Local newsNews

Magriet neem leisels oor by VLU

VLU gaan oor meer as ’n klomp tannies wat tee drink.

SECUNDA – Me. Magriet de Lange is gelukkig as sy aan iets kunstigs soos om ’n handsak uit ou dasse te maak, kan werk.

Sy is onlangs as die nuwe voorsitter van die Secunda VLU-tak verkies en wil die publiek inlig dat die VLU oor veel meer gaan as ’n klomp ou tannies wat sit en tee drink.

“Ek het al soveel dinge by die VLU geleer en ’n mens kan jouself uitleef,” het sy gesê.

Me. De Lange het op Brakpan grootgeword en lank daar gewoon voordat sy sewe jaar gelede na Secunda verhuis het.

Sy het na skool ’n diploma in onderwys verwerf en het vir 10 jaar by ’n kleuterskool op Brakpan gewerk voordat sy ’n kunswinkel oopgemaak het.

Sy het kunsklasse aangebied en dit haar doel gemaak om elke nuwe gier in die kunswêreld te bemeester sodat sy vir ander vroue ook die nuwe giere kon leer.

Sy het later ook ’n fabriek wat kerse gemaak het, gehad.

“Dit was baie harde werk, maar ’n mens kry baie kreatiewe goed om te maak.

“Ons moes een keer kerse wat soos Liquorice Allsorts gelyk het, maak.”

Hulle het al die soorte en groottes kerse gemaak, selfs kerse wat 1m lank was.

Me. De Lange geniet die vrye tyd wat sy nou het sedert sy nie meer voltyds werk nie.

Sy het al handsakke vanuit herwinbare materaal gemaak en van T-hemde.

“As ek iets vreemds of interessants op die internet sien, dan maak ek dit,” het sy gesê.

Secunda VLU-tak vergader weer op 6 Maart om 9vm in Davieshof se saal.

Skakel me. De Lange by 083 658 9087.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button