SECUNDA – Sasol 1 Krieketklub het op Saterdag, 30 Januarie teen Nelspruit 1 gespeel en is die Mpumalanga Platinum-ligawenners.
Sasol 1 het eerste gekolf en ’n totaal van 159 op die bord aangeteken in 49.5 boulbeurte.
Sasol 1 het Nelspruit op 96 lopies uitgehaal en met ’n bonuspunt gewen.
Sasol 1se beste boulers was Michael Hobkirk met 3 vir 20 in 7 beurte en Dodds van Zyl met 3 vir 30 in 8 beurte.
Die bonuspunte wat aangeteken is, het verseker dat Sasol nie op die ligabord ingehaal word nie en sodoende is Sasol 1 die Mpumalanga Platinum Premier-ligawenners met een wedstyd te spaar.
Sasol het 18.5 punte, Nelspruit het 11.5 punte en Ermelo het 11 punte.



