Local sportNewsSASOLSport

Sasol skitter

Sasol-spanne wys hul staal in krieketwedstryde.

SECUNDA – Albei Sasol Krieketklub se spanne het hul wedstryde op Saterdag, 6 Februarie gewen en Sasol 1 is as die nuwe Mpumalanga-kampioene gekroon.

Sasol 1 het op Nelspruit teen die Impala Krieketspan gespeel en het 229 lopies aangeteken.

Douglas Richardson was die beste kolwer met 67 lopies en Vernon Fourie het 31 lopies aangeteken.

Sasol het die wedstryd met 19 lopies gewen en Impala vir 210 lopies uitgeboul.

Die beste boulers was Mauritz Jordaan met 3/42 in 10 boulbeurte en Neil Salzmann met 3/33 in agt boulbeurte.

Sasol 2 het tuis met die Carols van Middelburg kragte gemeet en 228 lopies aangeteken.

Louis Behr was Sasol 2 se beste kolwer met 105 lopies en PC van der Schyff het 39 lopies aangeteken.

Sasol 2 het met 116 lopies gewen en die Carols is almal uitgeboul vir 112 lopies.

JP van Zyl was die beste bouler met 5/27 in sewe boulbeurte.

Die 20/20-krieketliga begin die naweek en Sasol 1 speel teen Standerton op Piet Retief en Sasol 2 geniet ’n af naweek.

Volgens mnr. Ignus Koekemoer, Sasol Krieketklub se voorsitter, was Sasol onoorwonne in dié seisoen en dit is ’n nuwe rekord vir die klub.

Vir meer inligting oor die klub, skakel hom by 072 765 5443.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button