Local sportNewsSASOLSport

Sasol-krieket klop Kinross

Sasol 2 se beste kolwers was Werner Coetzee met 21 lopies nie uit nie en JP van Zyl met 14 lopies nie uit nie.

SECUNDA – Sasol se eerste en tweede krieketspanne se wedstryde het op Saterdag, 28 Februarie uitgereën.

Sasol 1 sou met Ermelo kragte gemeet het, maar dié wedstryd het sommer vroeg al uitgereën.

Sasol 2 het Kinross die stryd aangesê en hul wedstryd het eers later uitgereën en hulle het met lopietempo gewen.

Sasol 2 het die loot gewen en besluit om eerste te boul en die beste bouler van die wedstryd was JP van Zyl met twee vir 24 in vier boulbeurte en Jacques Groenewald met twee vir 23 in vier boulbeurte.

Kinross het 116 lopies aangeteken en Sasol 71 toe dit begin reën het.

Sasol 2 se beste kolwers was Werner Coetzee met 21 lopies nie uit nie en JP van Zyl met 14 lopies nie uit nie.

Sasol 1 speel op Saterdag, 7 Maart tuis teen Piet Retief en Sasol 2 geniet ’n naweek af.

Toeskouers is welkom om Sasol te gaan ondersteun tydens hul tuiswedstryde.

Vir meer inligting, skakel mnr. Ignus Koekemoer by 072 765 5443.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button