Sasol Rugbyklub klop Sasolburg
Groot rugby vind Saterdag op Secunda plaas.
SECUNDA – Sasol Rugbyklub se eerste- en tweedespanne het Sasolburg op Saterdag, 14 Maart op Sasolburg geklop.
Die eerstespan het met ’n telling van 29-14 gewen en die tweedespan se wentelling was 14-5.
Die spelers van die eerstespan wat uitgeblink het, is Dirk Lowies wat twee drieë gedruk het en Pieter Streicher en Rudi Vorster wat elk een drie gedruk het.
William Pretorius het drie verdoelings en een strafdoel aangeteken.
Die tweedespan se spelers wat uitgeblink het, is Steven Jacobs en JD wat elkeen een drie gedruk het en Louis Kleynhans wat die twee drieë verdoel het.
Die Steval Pumas speel op Saterdag, 21 Maart op Secunda Stadion in die Vodacom Cup teen die Limpopo Blou Bulle.
Dié wedstryd begin om 4nm en Sasol Rugbyklub is die gasheer en gaan self ook uitdraf teen VUT nadat Benoni kop uitgegrek het.
Sasol se tweedespan, die Pompe, skop om 11.30nm af en die eerstes se wedstryd begin om 1.20nm.
Verskeie ander voorwedstryde gaan ook op dié dag gespeel word en die publiek is genooi om Sasol te ondersteun en na die wedstryd tussen die Pumas en die Bulle te gaan kyk.
Ander spanne wat Saterdag gaan speel, is die Pumatjies wat om 8vm gaan afskop
Vir meer inligting oor die Pumas se wedstryd en Sasol se ander wedstryde, skakel me. Kruger by 082 461 2224.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



