Local sportNewsSASOLSport

Sasol Rugbyklub klop Nelspruit

Sasol se eerstespan teken 71 punte aan.

SECUNDA – Sasol Rugbyklub se eerste- en tweedespanne het op Saterdag, 18 April teen Nelspruit gespeel en hul wedstryde gewen.

Die eerstespan het behoorlik geseëvier met ’n telling van 71-19 en Wian Buys en Johann de Bruin is as die Spur Spelers van die Wedstryd aangewys.

Spelers wat drieë gedruk het, is Pieter Streicher (2), Wian Buys (2), Rian Boshoff, Willa Martin, Johann de Bruin, Johan van Schaik, Werner Joubert, Hanno van Staden.

Deon Pruis het met twee doelskoppe en ‘n strafdoel geslaag, terwyl Louis Kleynhans sewe doelskoppe aangeteken het.Die tweedespan het eerste gespeel en met 29-5 gewen.

Tiaan Moore en Hanno van Staden is as die Spur Spelers van die Wedstryd aangewys.

Die span se driedrukkers was Erick De Vos, Moore, Van Staden, Alfie Byleveldt) en Corne Muller.

William Pretorius het twee doelskoppe aangeteken.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button