Local newsMunicipalNews

Govan Mbeki Munisipaliteit erken Trichardt gaan agteruit

Raad gaan glo ingryp.

TRICHARDT – Die GPF-komitee en lede het op Donderdag, 16 April by die plaaslike polisiestasie vergader.

Die komitee beplan om ‘n ondernemingsforum op die been te bring sodat almal kan bydra tot die dorp se vooruitgang.

Eienaars van ondernemings is nie tevrede met die munisipaliteit se dienslewering nie en die probleem is onder die aandag van mnr. Henry Masango, hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, gebring.

Volgens mnr. Clarke Van der Walt, voorsitter van Trichardt se GPF, het hy verskeie vergaderings saam met die munisipaliteit bygewoon om terugvoering te kry.

“Die munisipaliteit het erken dat Trichardt se agteruitgang onaanvaarbaar is en dat hulle sal ingryp.”

Baie strate in Trichardt is gelyk gemaak en is tans in die proses om herstel te word.

Instandhouding van slaggate en lamppale in die dorp het in die afgelope paar jaar agteruitgegaan en ondanks ondernemings wat ’n hand bygesit het, word dit herstel.

Onwettige rommelstorting neem toe en mnr. Van der Walt het die publiek gevra om hul samewerking te gee sodat die dorp skoon kan bly.

Die nuwe sektorforum-komitee is soos volg: mnr. Rob Cook, voorsitter, mnr. Berrie Liebenberg, ondervoorsitter, me. Loganie Pilley, sekretaris, me. Louise van der Walt, hulpsekretaris, en mnr. S.M. Adam, publieke verhoudingsoffisier.

Die sektorforum se pligte is om die polisie tydens patrollies en operasies by te staan.

“Hoe meer mense by die GPF en sektorforum aansluit, hoe meer diewe kan agter trallies kom,” het mnr. Van der Walt gesê.

Konst. Valencia Koma, skakelbeampte van Trichardt Polisie, het gesê: “Ek is tevrede met die GPF se vordering en is opgewonde om te sien wat vorentoe gebeur.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button