Local newsMunicipalNews

Inwoners kla oor kragboks

Inwoners sien geen dienslewering van munisipaliteit.

TRICHARDT – Inwoners beskou die Govan Mbeki Munisipaliteit as nalatig nadat ’n kind deur die kragboks in Rapportryerstraat geskok is.

Kinders het onlangs buite gespeel en opgemerk dat die kragboks oopstaan en dat die deur op die gras lê.

’n Seun het die deur probeer optel en per ongeluk aan die ongeïsoleerde drade geraak waartydens hy geskok het.

Die kragboks is naby Laerskool Trichardt se skoolterrein en talle kinders loop daagliks daar verby.

Volgens die seun se ouers, het hy gelukkig nie beserings opgedoen nie. Hy het net groot geskrik.

Die munisipaliteit is onmiddellik in kennis gestel en volgens inwoners was ’n elektrisiën die volgende dag op die perseel om na die kragboks te kyk.

“Hy was nie eers vyf minute daar nie toe klim hy in sy bakkie en ry weer.”

Die drade wat ongeisoleerd is, word kort-kort gelas en dan moet daar weer herstelwerk gedoen word.

“Die munisipalitieit besef nie die erns van die saak nie.”

Kragkabels van die kragbokse word gesteel, opgesny en verkoop.

Die polisie het onlangs tydens ’n klopjag verdagtes in hegtenis geneem nadat gesteelde koper in hulle besit gevind is.

Inwoners wat aan die boonste deel van die dorp bly, ondervind gereeld kragonderbrekings en is soms drie tot vier weke sonder elektrisiteit.

Volgens ’n kenner moet elektriese drade ten alle tye geïsoleerd wees en die instandhouding wat daarmee gepaard gaan, is belangrik.

Alle kragbokse moet gesluit wees en net die munisipaliteit het toegang om dit oop te maak.

“Ons betaal die munisipaliteit, maar sien geen dienslewering nie,” het inwoners gesê.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

,

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button