Local newsNews

Trek jou mooiste vellies aan en kom kuier saam

Lus vir ’n lekker kuier, kom kuier by die rooi velskoen, voormalige Wap Lounge, langs die Standerton Bakkery.

Lus vir ‘n lekker kuier, kom kuier by die rooi velskoen, voormalige Wap Lounge, langs die Standerton Bakkery.

“Kom geniet die vriendelike atmosfeer,” het mnr. Jakes Coetzee, eienaar, gesê.

Die rooi velskoen het op 17 April amptelik geopen.

“Ons is oop van 11vm tot laat van Maandag tot Donderdag en op Vrydae maak ons 9vm oop vir ‘n smaaklike boere-ontbyt.”

Almal ouer as 18 is welkom en op Vrydag- en Saterdagaand sorg ‘n platejoggie vir oud en jonk, na ieder se smaak, vir vermaak.

“Ons gaan voor ‘n stoep bou waar jy in die buitelug kan ontspan en as dit klaar is, gaan daar genoeg plek wees vir 80 mense.”

Daar is ‘n spyskaart beskikbaar, maar volgens mnr. Coetzee, moet jy die “pub lunch”, wat genoeg kos vir twee mense is, probeer. “Hoekom die rooi velskoen, wel, elke klein dorpie het so ‘n plek, dink aan ‘The Pink Cow’ of die ‘Purple Panther’.

“Ek het in 1984 ‘n paar rooi velskoene by die Secunda Skou gekoop en gedink die naam sal werk.”

So trek die stoute skoene aan en besoek die rooi velskoen.

Skakel mnr. Coetzee by 071 120 5918.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button