Local newsMunicipalNews

Evander se watersisteem is oud

Dorp se watersisteem is oud en dra by tot die waterpype wat kort-kort bars.

EVANDER – Liters skoon water het Woensdag, 5 Mei in Rotterdamweg gevloei.

’n Ondergrondse waterpyp het die vorige dag gebars en is deur werknemers van die Govan Mbeki Munisipaliteit herstel.

Volgens inwoners het oor swak waterdruk gekla en verskeie dele van die dorp het geen water gehad nie.

Baie inwoners weier om hul waterrekening te betaal omdat daar glo gee kontrole oor die dorp se waterverbruik is nie.

“Ons moet vir water betaal wat die munisipaliteit mors,” het inwoners gesê.

Die gebarste pyp is een van baie wat nie in stand gehou word nie.

Waterpype bars kort-kort en inwoners het vir bykans drie tot vier dae geen water nie.

Die dorp se waterdruk is in die algemeen swak en dit is glo weens die gebrek aan dienslewering deur die munisipaliteit.

Inwoners is raadop en dring aan op antwoorde van die Govan Mbeki Munisipaliteit.

Volgens mnr. Encee van Huyssteen, DA-raadslid, is die dorp se watersisteem oud en dit dra by tot die pype wat kort-kort bars.

Mnr. Henry Masango, hoof van bemarking en kommunikasie van die munisipaliteit, het gesê dat die waternetwerk bykans 40 jaar in die dorp is en weens asbespyplyne bars daar gereeld waterpype.

“Die munisipaliteit probeer altyd om so gou as moontlik die waterpype te herstel sodat verdere skade voorkom word.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button