Bethallers kla oor straatligte
Dié dorp was op Dinsdag, 19 Mei pikdonker weens straatligte wat nie gewerk het nie.
BETHAL – Dié dorp was op Dinsdag, 19 Mei pikdonker weens straatligte wat nie gewerk het nie.
Volgens ’n inwoner brand straatligte daagliks deur die dag.
“Hoe donkerder ’n gebied is, hoe makliker is dit vir diewe om in te breek,” het hy gesê.
Die ligte op die N17-snelweg wat glo deur Sasol beheer word, was ook nie aan nie.
“Hoekom brand die ligte sommige dae en ander dae nie?” wou hy weet.
Mnr. Henry Masango, hoof van kommunikasie en bemarking van die Govan Mbeki Munisipaliteit, het nie teen druktyd kommentaar gelewer nie.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 074887759



