Local newsMunicipalNews

Dienslewering laat ondernemings twee keer dink

Sluit by ondernemingsforum aan om dorp in stand te hou.

TRICHARDT – Swak dienslewering in verskeie dele van die dorp is ‘n groot kopseer vir inwoners.

Die verwydering van huis- en ondernemingrommel is een van die grootste probleme wat die Govan Mbeki Munisipaliteit in die gesig staar.

Inwoners wil nie meer die munisipaliteit in kennis stel oor soortgelyk voorvalle nie, want daar word niks aan dit gedoen nie.

“Die gemeenskap werk nie saam met die munisipaliteit om die dorp in stand te hou nie.”

Volgens mnr. Henry Masango, hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, vind daar weekliks vuillisverwydering plaas.

Swartsakke word deur honde geskeer, rommel lê in die strate en die stank raak erger nadat dit gereën het.

Die oop veld in Ebrahim Dayastraat wat as ‘n onwettige asgat gebruik is, is onlangs deur die munisipaliteit skoongemaak en afgesper sodat niemand hulle rommel daar kan stort nie.

Nou word sypaadjies gebruik om rommel te strooi.

Mnr. Clarke van der Walt, voorsitter van Trichardt se GPF, het gevra dat besighede by die ondernemingsforum aansluit wat binnekort gaan begin.

“Dit begin by ondernemings wat hulle eie werkswinkels en omgewing skoon hou,” het mnr. Van der Walt gesê.

Inwoners het onlangs op munisipale werkers afgekom wat nie die werk doen wat aan hulle voorgeskryf is nie en toe hulle gekonfronteer word, is die inwoners na die munisipaliteit verwys.

Klagtes oor swak dienslewering word gereeld by die munisipaliteit aangemeld en die terugvoering maak inwoners moedeloos.

“Munisipale werkers wat nie werk nie moet onmiddellik aangemeld word.”

“Die munisipaliteit is bewus van die klagtes en dit is na die betrokke departemente gestuur vir verdere ondersoek,” het mnr. Masango gesê.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 074887759

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button