Vierrigting stopstraat op Bethal ’n probleem
Die inwoner het ook gesê dat die stopstraat nie die enigste gevaarlike een is nie.
BETHAL – Die vierrigting stopstraat op die hoek van Moses Kotane- en Simonstraat, blyk een van die gevaarlikste op Bethal te wees.
Baie motoriste verontagsaam die stopteken en ry eenvoudig oor dit.
“Ek het een oggend vir my bestuurder voor die polisiestatsie gewag en gesien dat motors en vragmotors eenvoudig die stopteken ignoreer,’ het ’n inwoner gesê.
Volgens hom is dit skrikwekkend omdat ’n ongeluk so vinnig gebeur.
“Padreëls is daar vir ’n doel, om mense veilig te hou.”
Die inwoner het ook gesê dat die stopstraat nie die enigste gevaarlike een is nie.
Die verkeersdepartement het nie teen druktyd kommentaar gelewer nie.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



