FeaturesLifestyleLocal newsNews

Jannie slaan tweede plek los by Nampo

" ’n Mens hoef nie harder te werk nie. Jy moet net slimmer werk."

Ermelo se vindingryke ontwerper-boer, “Pienk Hark” Jannie Myburgh, het weer besoekers aan die Nampo Oesdag beïndruk met ‘n implement wat die werkslas van enige boerdery aansienlik sal verlig.

Dié keer het Jannie, wat reeds verskeie pryse by Nampo vir sy vorige skeppings gewen het, ‘n tweede plek behaal in die boerepatente-afdeling vir sy hidrouliese paalslanerontwerp wat op dieselfde wyse as ‘n hamerboor (jackhammer) werk.
Die paalslaner is ontwerp en aangepas as ‘n toebehoorsel vir sy reeds sukses-volle veeldoelige vurkhyser.

Die paalslaner word gebruik om pale in ‘n japtrap en sonder moeite stewig in die grond in te slaan.
Teen ongeveer ‘n minuut om die loodsgat te maak en nog ‘n minuut om die paal in te slaan, word ‘n kamp of grensdraad voor koffietyd toegespan.

“Die apparaat word op die vurkhyser agter ‘n trekker gemonteer en op die voorafgemerkte plek staangemaak.
‘n Verharde ronde staalbeitelpunt word hidroulies in die grond ingehamer om die loodsgat te maak.

Geen grond of klip word uit die gat verwyder nie, dus is die wande van die loodsgat reeds gekompakteer.

Die beitelpunt word dan uitgetrek en die paal word in die gat ingestamp, óf met die hand met ‘n gewone paalslaner of met die hidrouliese slaner wat met ‘n slaankrag van 65 kg per hou en 1500 keer per minuut druk op ‘n paal uitoefen om dit maklik en sonder moeite in sy plek te kry

 

 

 

 

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button