Local newsMunicipalNews

Slaggat herstel na verskeie klagtes

Slaggat in Vaalrivierstraat was ’n groot probleem.

SECUNDA – Die slaggat in Vaalrivierstraat op Secunda wat die laaste ruk baie skade aan voertuie gerig het, is uiteindelik op 27 Mei herstel.

Verwysingsnommers van verskillende datums was deur die munisipaliteit uitgereik om die probleem te herstel.

Volgens motoriste wat die straat daagliks gebruik, het dit die munisipaliteit langer as vier maande geneem om die slaggat te herstel.

Omdat die munisipaliteit so lank geneem het om dit te herstel, het DA-raadslede aksie geneem en inwoners en plaaslike ondernemings betrek om petisielyste in te vul.

Mnr. Piet Labuschagne, DA-raadslid, het saak verder geneem en seker gemaak die munisipaliteit herstel wel die slaggat.

“Ons is dankbaar dat die munisipaliteit uiteindelik die probleem opgelos het,” het inwoners gesê.

‘n Vrou was onlangs erg getraumatiseerd nadat haar voertuig se agterwiele in die slaggat vasgesit het.

Die skade aan haar motor was hoog en sy beskou die munisipalitiet as nalatig omdar die slaggat se herstelwerk hulle verantwoordelikheid is.

“Dit kon my lewe gekos het,” het sy gesê.

Mnr. Henry Masango, hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, het bevestig dat die slaggat ’n groot probleem was, maar hulle het nie die regte toerustig gehad om dit te herstel nie.

“Die herstelwerk van paaie op Secunda is deel van die munisipaltiet se voormalige begroting,” het mnr. Masango gesê.

 

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button