Local newsMunicipalNews

Trichardt-inwoner sukkel week met riool

“Dit is net vir my swak dat dit hulle ’n week neem.”

TRICHARDT – ’n Inwoner se rioolprobleem in haar erf in Greystraat, is na ’n week eers herstel.

Volgens die inwoner het sy vir ’n week lank die munisipaliteit se inbelsentrum geskakel om die probleem aan te meld.

Dieselfde vrou het elke keer die telefoon geantwoord.

“Sy het vir my gesê dat sy mense sal uitstuur,” het sy gesê.

Volgens haar het sy verwysingsnommers en geen werker het opgedaag om die probleem te herstel nie.

Munisipale werkers het op Woensdag, 24 Junie laat die middag die rioolprobleem herstel.

“Dit is net vir my swak dat dit hulle ’n week geneem het.”

Die munisipaliteit het teen druktyd nog nie kommentaar gelewer nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button