Local newsMunicipalNews

Slaggate voor Silwerjare ontstel

Slaggate beskadig bande.

Slaggate is steeds ’n groot bekommernis op Bethal en ly tot groot frustrasies.

Vir me. Elsa Strydom, bestuurder van Silwerjare Tehuis vir Bejaardes, is dit ’n probleem omdat mense van ander dorpe die tehuis besoek.

“Daar is slaggate net waar jy kyk voor die tehuis en ek dink dit is ’n swak advertensie vir Bethal,” het me. Strydom gesê.

Menige klagtes is glo al by die munisipaliteit ingedien, maar steeds word geen reaksie getoon nie.

“Ongelukke gebeur vinnig en as motoriste dan nog vir slaggate moet uitswaai, is dit net nog erger.”

Volgens DA-raadslid me. Michelle Viljoen, is die hele Du Plooystraat vol slaggate.

“Nie net vertoon ons dorp sleg en gehawend nie, maar dit beskadig ook bande,” het sy gesê.

Sy het ook gesê dat sodra sy klagtes ontvang, sy dit dadelik by die munisipaliteit aanmeld.

Die munisipaliteit het teen druktyd nog nie kommentaar gelewer nie.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button