Sasol-stoeiers is kampioene
Sasol Stoeiklub-lede bereik al hoe meer hoogtes.
SECUNDA – Sasol Stoeiklub het op 12 September aan die Mpumalanga Stoeikampioenskappe op Delmas deelgeneem.
Dié kampioenskappe het terselfdertyd gedien as proewe om ’n Mpumalanga-stoeispan te kies om op 8, 9 en 10 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Jeug-, Junior- en Streekstoeikampioenskappe in Kaapstad te gaan deelneem.
Die volgende stoeiers het in die langtermyn deelname ontwikkelingsafdeling deelgeneem: Hans Schutte; Erik Grobler en Divan Smit.
Sasol Stoeiklub het 14 eerste plekke behaal tydens die Mpumalanga Stoeikampioenskappe en dus 14 Mpumalanga-stoeikampioene vir die jaar gehad, naamlik Jordan Webb (0/9-jaar 27-30kg), Jaden Grobler (0/10-jaar 27-30kg), Stoffel Schutte (0/13-jaar, vrystyl en Grieks-Romeins asook President 58-63kg, Vrystyl en Grieks-Romeins), Nico van den Berg (Kadet Vrystyl en Grieks-Romeins, Junior Vrystyl en Grieks-Romeins en President 54-58kg) en
Nathan Webb (President, Vrystyl en Grieks-Romeins 63-69kg).
Hulle het elkeen ’n goue Mpumalanga-medalje verower.
Tweede plekke en silwermedaljes het gegaan aan: Christo van der Merwe (0/9-jaar 24-27kg), Zandré Smit (0/9-jaar 30-33kg), Jean Jansen van Nieuwenhuizen (0/9 – 39-42kg) en Nathan Webb (Kadet Vrystyl en Grieks-Romeins).
Ethan Möhr het ’n derde plek in die 0/9-jaar B/39kg-afdeling en ’n bronsmedalje verower.
Jordan Webb (0/9-jaar) is in die Mpumalanga-stoeispan wat aan die SA Streekskampioenskappe gaan deelneem, ingesluit.
Die volgende lede van Sasol Stoeiklub is in die Mpumalanga-stoeispan wat aan die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskappe gaan deelneem, ingesluit:
Stoffel Schutte (0/13-jaar 54-58kg, Vrystyl en Grieks-Romeins) en Nico van den Berg (Junior 50-55kg, Vrystyl en Grieks-Romeins.)
Mnr. Johan van den Berg sal die afrigter wees, die hoofspanbestuurder is me Elma Webb en die administratiewe beamptes is mnr. Manie van den Berg, toernooisekretaris, en me. Lollie van den Berg, loting.
Die president van Sasol Stoeiklub, mnr Johan van den Berg, het gesê: “Sasol Stoeiklub is baie trots op al hul lede.
“Ek wens ook die span alle sterkte toe vir die komende Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskappe in Kaapstad.”

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



