Local newsNews

Inwoners woedend oor oop substasie

Elektriese bedrading by oop kragsubstasie is lewensgevaarlik

SECUNDA – Inwoners van Lehmanstraat op Secunda is woedend oor ’n oop kragsubstasie in die buurt.

Die elektriese bedrading is lewendig en die enigste versperring is die oranje net wat daarom gespan is.

Mnr. Hendrik van Staden het gesê dat die probleem reeds by die munisipaliteit aangegee is.

“Niks is egter nog hieraan gedoen om die probleem op te los nie.”

“Dit is ’n gevaar vir kinders en selfs diere, want as hulle daar speel, kan hulle dood geskok word,” het mnr. van Staden gesê.

“Dit is onverantwoordelik en lewensgevaarlik om hierdie stasie so oop te laat staan.”

Die foto is aangestuur na die munisipaliteit vir kommentaar.

Geen terugvoer is teen druktyd ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button