Christenfees maak opspraak
BETHAL – Die AC Kerk Vorentoe Bethalgemeente het weer vanjaar se Christenfees aangebied. Dit het met ’n gesellige ete en optrede deur Louis Loock, voormalige lid van die bekende sangroep Romanz, op 9 September afgeskop. Gholfspelers het op 10 September die stof en wind aangedurf en aan die fees se gholfdag deelgeneem. Die fees is …
BETHAL – Die AC Kerk Vorentoe Bethalgemeente het weer vanjaar se Christenfees aangebied.
Dit het met ’n gesellige ete en optrede deur Louis Loock, voormalige lid van die bekende sangroep Romanz, op 9 September afgeskop.
Gholfspelers het op 10 September die stof en wind aangedurf en aan die fees se gholfdag deelgeneem.
Die fees is met ’n osbraai afgesluit.
Hoewel die fees afgehandel is, kan sportentoesiaste op 17 September aan die 10km-, die 4.2km- en die pretdrag deelneem wat by Laerskool Marietjie van Niekerk aangebied word.
Pryse kan gewen word en daar is ook veilige parkering op die skoolterrein.
Kos, koffie en koeldrank sal te koop wees.
Bethal Marathonklub bied dié geleentheid aan en atlete wat onder twee ure oor die wenstreep gaan, sal medaljes ontvang.
Vir meer inligting, skakel mnr. Pieter Botes by 082 920 7555.







