Local newsNews

Tuinbouklub Rooswenners

Sy het ook gesê dat wanneer die blare plantlipiede gevorm het, sal geen swam die blaar indring nie

Me. Arina Duvenhage, blom- en tuinkundige, het op 26 Oktober die vroue van die Tuinbouklub by die APK Kerksaal in Meyerville toegespreek.

Sy was ook die beoordeelaar van die rose tydens die geleentheid.

Me. Elize Trueman is as die wenner in die Beste Bos Rose-afdeling aangewys en me. Maria Prinsloo was die wenner in die afdeling vir die Beste Roos.

Me. Duvenhage het gesê die meeste mense beoordeel rose volgens die blomme, maar sy kyk na die gesondheid van die blomknop en blare.

“Wanneer rose in volle blom is, word die meeste energie verlang vanaf die blare.

“Dit is dan ook die tydperk wanneer rose siektes kry en tekort aan spoorelemente toon.”

Sy het aanbeveel dat tuiniers nou erdwurmkompos om die roos plaas sodat die grondorganismes die minerale uit die grond kan mineraliseer.

 

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button