André wil beskerm en versorg
Die Jordaan-gesin se gekose vakansieplek is Sodwana waar hy graag duik.
Wildbewaring en anti-stropery is twee van die dinge wat mnr. André Jordaan baie na aan die hart lê.
Mnr. Jordaan, voorsitter van die Standerton Kommandosorgtak, wat in Durban gebore is het sy kuslewe jare gelede verruil en hulle gesin op Standerton kom vestig.
Hy het sy laerskool- en hoërskoolloopbaan aan Gelofte Skool in Pinetown voltooi.
Na skool het sy kop en hart hom na Sodwanabaai gelei waar hy by verskillende instansies wildbewaring, anti-stropery en spoorsny gedoen en sy sekuriteitsgrade behaal het.
Mnr. Jordaan het homself ook as ondersoekbeampte bekwaam.
Sy vrou, Estie, het sy voete onder hom uitgeslaan en hy erken dat dit liefde met die eerste oogopslag was.
Voor die geboorte van hulle twee dogters, Hesné en Mia, het hulle Sodwana se sand van hulle voete afgeskud.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser



