Francis Grobler gee vlerke aan haar digkuns
“Die reuk van klam grond, varsgesnyde gras, gemaalde koffie en die reën maak dinge in my wakker.”
’n Plaaskind van die Hoëveld, me. Francis Grobler, se bewusmaking van poësie en musiek het uiting gevind in digbundels, toonsetting van gedigte en boeke.
Me. Grobler is gebore op die familieplaas, Joubertsvlei, naby Standerton en het aan Laerskool Standerton en Hoërskool Standerton haar skoolloopbaan voltooi voordat onderwysstudies suksesvol aan die Universiteit van Pretoria aangepak is.
Sy het as opvoedkundige kinesioloog gepraktiseer en later die Agri-besigheid voltyds betree, met die kunste se roepstem wat nie weerstaan kon word nie.
Me. Grobler se man, Johan, is kommersiële saai-, vee- en wildboer in die Bethal-omgewing en haar gesin, met seuns Gerdus, Steyn en Johan, lê haar na aan die hart.
Dié kunstenaar se natuurwortels en versugting na die aarde met die verskillende seisoene laat die ink vloei.
“Ek loop meestal kaalvoet sonder om te gril vir beesmis tussen my tone.
“Die reuk van klam grond, varsgesnyde gras, gemaalde koffie en die reën maak dinge in my wakker.”
Sy put haar inspirasie meestal uit emosioneelverwante voorvalle waar gepoog word om ’n ander se gewaarwording volkome vas te vang.
Haar pennevrug sluit in pyltjies innie sand wat in 1997 gepubliseer is, duskant annerkant van 1999, wie ore het van 2001 en ’n boek oor Suid-Afrikaanse helde en legendes.
Die rede vir die afwesigheid van hoofletters is gewortel in ’n geloofbesef wat die nietigheid van menswees voor God vooropstel.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



