UPDATE: Land grabbers staked their claim on farmland at Kriel – DRONE FOOTAGE
As per request from readers, the update on the article is published in English. Original article "Grondgrypers vaar in op Kriel-boere se grond"
UPDATE
KRIEL – All is now calm at Kriel after land grabbers staked their claims on the private land of two local farmers this morning, 19 August.
By late afternoon, the mob dispersed from the farm land.
Mr Hennie Bekker, district co-ordinator in Mpumalanga for Afriforum, said there were no confrontations between the farmers and the people.
According to sources, the invaders were apparently promised land by the local municipality, but the intended land was not suitable for human settlement.
This matter must now be addressed by the local authorities.
As per request from readers, the update on the article is published in English.


Grondgrypers vaar in op Kriel-boere se grond – 2.10pm, 19 August
KRIEL – ‘n Groot aantal grondgrypers het op die privaat grond van twee boere in die Kriel-distrik toegesak vandag, 19 Augustus.
Die mense het vanoggend besluit om die plaasgrond wat meer na Secunda se rigting uitwyk, te beset.
Volgens mnr. Hennie Bekker, Afriforum se distrik-koordineerder in Mpumalanga, is daar nog geen aggressie getoon nie, maar die situasie word gemonitor.
Hy is tans op die toneel om met die grondgrypers en die polisie te gesels.
“Ons het begrip vir die mense se behoefte en frustrasies, maar hierdie is privaat grond. Dit is ook reeds voorberei vir die volgende plantseisoen.”
Mnr. Bekker het gesê plaaslike raadslede het opgedaag en voer nou gesprekke met die besetters.
“Hierdie bly privaat eiendom. Dit voel of politici ‘n speelveld maak van die grondkwessie,” het mnr. Bekker gesê.







