Local newsNews

PJ Pretorius laat Secunda eerste sy liedjies hoor

Sy eerste CD, waarvan die titel eers by die amptelike bekendstelling in Pretoria aangekondig mag word, bevat meestal Afrikaanse snitte.

TRICHARDT – PJ Pretorius is twee keer teruggeroep om nog ’n liedjie te sing by die voorafbekendstelling van sy CD by Mynland Donderdagaand, 16 Augustus.

Die gehoor het hom met luid applous beloon vir dié aand se puik vermaak en splinternuwe liedjies wat hy met sy aanhangers gedeel het.

Die liedjies is almal op sy debuut-CD wat in September landwyd uitgereik word. Secunda se mense het Donderdagaand eerste kennis gemaak met die nuwe PJ-klank en liedjies wat meestal uit sy eie pen gevloei het.

Die liedjies sal by ’n wye gehoor aanklank vind – van die verliefde tienerseun en die rocker tot gospelliefhebbers.

PJ Pretorius is in sy element op die verhoog by die voorafbekendstelling van sy CD.

PJ het ook sy weergawe van Leonard Cohan se “Hallelujah” gesing. Dié snit, wat ook op sy CD is, het die gehoor na kerse en sigaretaanstekers laat gryp.

PJ het op Secunda grootgeword en homself geleer musiek maak. Hy het eers op 17 sy sangtalent ontdek en was ’n sangleier by Kruik Gemeente toe hy aan die realiteitsprogram, The Voice, op MNet deelgeneem het.

Hy het die land se harte gesteel met sy roerende stem en onskuldige voorkoms. PJ het die top ses-posisie gehaal.

Sy eerste CD, waarvan die titel eers by die amptelike bekendstelling in Pretoria aangekondig mag word, bevat meestal Afrikaanse snitte. Sy agent en vervaardiger hoop vir ’n Ghoema-benoeming vir dié unieke CD.

Renaldo, een van Secunda se jong sangers wat ook ’n reuse opgang in die musiekbedryf maak – hy het die volgende aand saam met Martin Bester van Jakaranda, opgetree – het PJ se vertoning geopen.

Grimmies Musiek het die aand vir die verhoogbeligting en effekte gesorg.

https://www.facebook.com/echoridgenewspapers/videos/457419944740248/

https://www.facebook.com/echoridgenewspapers/videos/230088341016187/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button