Perderuiters, Melanie Pieterse en haar dogter Brümilda, is ’n gevoelige slag toegedien toe twee bruin saals en een swart saal, sowel as vier tooms op 29 Augustus by die perdestalle op die Leandra-pad gesteel is.
Toegang deur die staldeur is verkry en die waarde van die gesteelde items is ’n beraamde R30 000.
Albei ruiters se toekomstige deelname aan ’n kampioenskap word wesenlik geraak, met veral Brümilda wat binnekort na Mauritius moet vertrek.
’n Beloning word aangebied vir enigeen wat dié noodsaaklike items aan hulle kan terugbesorg.
Enigeen wat dit moontlik Vrydag by die vendusiekrale opmerk, kan Melanie by 076 638 9622 skakel.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



