BETHAL – Die 35-jarige man wat in Maart in die streekhof op Secunda verskyn het op aanklagtes van seksuele oortredings met verskeie dogters tussen 10 en 16 jaar oud, se saak is uitgestel na Woensdag, 22 Mei.
Dié man is ‘n pa van twee seuns en is in Augustus in hegtenis geneem.
Daar is tans vier sake teen dié man en die misdrywe het na bewering op Bethal en Secunda, meestal by familie-byeenkomste, plaasgevind.
Iemand van die gemeenskap het glo agtergekom daar is fout met ‘n dogter en navraag gedoen waarna ‘n saak teen die man oopgemaak is.
Een van die dogters se ma’s word ook aangekla omdat sy versuim het om ‘n saak oop te maak.
Lees ook:
https://www.citizen.co.za/ridge-times/127991/bethal-man-staar-seksuele-aanklagtes-die-gesig/



