AfriForum se Standerton-buurtwag het op 14 Februarie gehelp om twee verdagtes in twee voertuie aan te keer nadat ‘n winkel op die dorp beroof is.
Dié voorval het op Vrydag 14 Februarie by die Monumentsentrum plaasgevind.
Inligting is van die Charl Cilliers-plaaswag ontvang en plaaswaglede het by sleutelpunte gestaan.
Hulle het die voertuie begin volg nadat dit opgemerk is en ná ‘n jaagtog, is een van die verdagtes in die informele nedersetting op Leandra aangekeer.
Inligting oor die tweede verdagte is opgevolg en dié verdagte is ook in hegtenis geneem.
“Ons bedank lede van die Standerton- en Leandra-buurtwag, asook Kasselman Veiligheidsdienste, die Charl Cilliers-plaaswag, polisie, insleepdienste en ander veiligheidsinstansies wat gehelp het om die verdagtes vas te trek,” het mnr. Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, gesê.
“Goeie samewerking tussen rolspelers is belangrik om veiligheid op dorpe en in gemeenskappe te verseker.”
Lees ook:
https://standertonadvertiser.co.za/101095/police-catch-two-r50-road-standerton-leandra-business-robbery/



